Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Goedheid bind land saam

“A utopia (/ju?'to?pi?/ yoo-TOH-pee-) is an imagined community or society that possesses highly desirable or nearly perfect qualities for its citizens. The opposite of a utopia is a dystopia. One could also say that utopia is a perfect place that has been designed so there are no problems.” – aldus Wikipedia.

Ons is sonder twyfel by ’n “dystopia”.

Ek kyk na die nuus sedert die naweek. Dit is weer ’n ontploffing van tragiese gebeure. Ek sal nie in detail ingaan nie; ek het nie lus om so ’n lang relaas te skryf nie en ek is seker dat ons almal redelik bewus is van hoe erg geweld en misdaad toegeneem het. Ek gaan nie vra waarheen hierdie land op pad is nie.

Dis een van die vrae wat die meeste gevra word en nooit beantwoord word nie. Ons bly net dobber en kom nêrens nie.

Ek kyk om my heen en sien net al die smart, moedeloosheid en verdriet waarin ons as Suid-Afrikaners verval het.

Ek sien ook dat die oorgrote meerderheid van ons hard probeer om mekaar te help en ondersteun.

Aan die eenkant is daar hierdie boosheid wat die siel van hierdie mooi land en sy mense vergruis, aan die anderkant ons inherente wil om goed te wees vir mekaar.

Dit is in die wese van Suid-Afrikaners sement. Nie die goddeloosheid wat so hard probeer om sy grou mantel oor ons te trek nie.

Ons wil mekaar help. Die meeste van ons wil.

As ’n petroljoggie ’n jong meisie, wie hy van geen kant af ken nie, se veiligheid eerste stel, ’n bedelaar in Bloemfontein begin om die verwaarloosde sypaadjies met sy kaal hande in tuine te verander, vroue in Gansbaai vir bejaardes pakkies insamel vir oupa- en ouma-dag, ’n hele land se mense inspring om voer vir boere in droogtegeteisterde gebiede in te samel, ’n motorfietsklub ’n bakkievrag vol groente vir ’n ouetehuis skenk en ons elke dag, sonder om eers daaroor na te dink, na mekaar uitreik, hoe kan jy vir my sê dit is nie wat hierdie nasie nastreef nie?

Maar daar is die werklikheid dat die sogenaamde leiers van die land sy mense ontsien. Dit is hulle wat ons faal, wat nie hul samewerking gee nie, wat ons knak en breek.

Wat hulle verbeel ons lewe in ’n utopia en dit is só ver van die waarheid verwyder. Nou ja, nie dat dit enigsins nuwe nuus is nie.

Het ek ’n plan hoe om dit beter te maak? Helaas, nee.

Ek glo wel in die goedheid van my mede-Suid-Afrikaners wat na vrede streef en net elke dag op ’n eerbare manier hul brood en botter wil verdien.

Ek glo in ’n Suid-Afrika waar ons saam kan lag, saam kan werk en saam kan bou, want dit is wie ons is en hoe ons probeer om dit beter te maak.

En al wat ons almal vra wat hierin glo is dat die regering ’n slag sal luister en doen wat hy veronderstel is om te doen, om na die belange van die land en sy mense om te sien. Dalk moet hulle vir een oomblik ophou om politici te wees en net weer een van ons wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.