Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
GW-hoof ook pakket aangebied

Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wes-Rugbyunie (GWRU), is een van 14 werknemers van dié liggaam aan wie die opsie van ’n skeidingspakket gebied is.

Arni van Rooyen
Arni van Rooyen

Die GWRU het Saterdag (16/11) in ’n verklaring aangekondig dat “skeidingspakkette aangebied word aan alle administratiewe personeel wat nie regstreeks by die beroepspan betrokke is nie”.

Intussen het dit aan die lig gekom dat die opsie van skeidingspakkette ook aan Van Rooyen, wat van die kommersiële vleuel van die GWRU in beheer is, en Riaan Vorster, uitvoerende hoof van die nie-kommersiële sy van die unie (skole, klubs, skeidsregters en ontwikkeling), gebied is.

Alle personeel (afgesien van afrigters, spelers en diegene wat regstreeks by die beroepspan betrokke is) het briewe ontvang.

Dit sluit alle administratiewe personeel en terreinpersoneel by die stadion in Kimberley in.

In die brief, wat Netwerk24 onder oë gehad het, sê die GWRU dat hy “weens ekonomiese en strukturele kwessies ’n behoefte identifiseer het om die hoeveelheid personeel te verminder.

“Die maatskappy hoop ’n afleggingsproses kan vermy word deur vrywillige skeidingspakkette aan te bied – of minstens so die hoeveelheid personeel wat deur aflegging geraak mag word, te verminder.”

Jannie Louw
Jannie Louw

Luidens die brief sal werk­nemers wat skeidingspakkette aanvaar twee weke se vergoeding kry vir elke jaar se diens, met ’n minimum van vier weke se betaling. Sou die opsie om vrywillig die unie se diens te verlaat nie aanvaar word nie en ’n werk­nemer word wel afgelê, sal hy slegs een week se vergoeding vir elke jaar se diens ontvang.

Van Rooyen, wat van 2009 tot 2015 in die pos van uitvoerende hoof gedien het, is in April 2018 in sy vorige pos heraangestel, met die GWRU wat as’t ware twee vleuels gekry het.

Vorster, wat van 2015 af die uitvoerende hoof was, is toe in beheer van die besigheid se amateur-afdeling geplaas.

Toe het Jannie Louw, president van die GWRU, gesê die sakemodel is verander om “gefokusde aandag aan elke aspek van die unie se sake te gee”.

Louw het by navraag gesê daar is niks sinisters daaraan dat skeidingspakkette ook aan die twee uitvoerende hoofde aangebied is nie. “Die gevoel was ons moet dit vir almal aanbied. Dit beteken egter nie dit word aan almal toegestaan nie.”

Louw sê die besluit is nie weens die minder geld wat unies die afgelope jaar of twee van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie ontvang nie. “Dit gaan nie net oor geld nie. Ons betaal elke maand ons mense. Enige besigheid moet deurlopend sy strategie oorweeg en seker maak hy het die regte personeel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.