Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hanteer ander met respek

Ek staan onlangs in ’n winkel en sien hoe die eienaar een van die werkers vies aanvat oor ’n plakkaat wat sy glo afgehaal het.

Soos ek kon aflei moes die werknemer dit nie doen nie en moet hierdie plakkaat ten alle tye daar hang. Ek is nie seker of dit permanent of net sekere dae is nie.

Ek weet ook nie hoekom hierdie een spesifiek nie, want skaars een meter verder hang presies dieselfde plakkaat.

Wat my verontwaardig laat voel het, was die manier waarop hierdie eienaar/bestuurder met die werknemer gepraat het. Sy het die plakkaat, wat redelik hard is, gevat en die vrou ritmies daarmee onder die arm gedruk, asof sy met ’n kind praat. Dit het skoon gelyk of sy hierdie werknemer in trappe van vergelyking aanspreek.

Sy het glad nie omgegee oor wat die werknemer besig was om te verduidelik nie. En soos ek kon aflei was hierdie plakkaat ’n hindernis vir die vrou om haar werk te doen.

Ek het skaam en seergemaak gevoel, want dit is in ’n winkel vol mense gedoen. Hierdie vrou wat waarskynlik ook kinders het, het met trane vlak in haar oë gestaan.

Ek kry seer vir haar, want dis nie hoe ’n mens met ander mense praat nie.

Ja, dit was laatmiddag en soos ek kon aflei, was dit ’n besige dag. Maar daar is tog ander maniere hoe om werknemers aan te spreek.

Hierdie vrou se hart was swaar, dit kon ek sien. Sy kan maklik hierdie werkgewer aankla, maar omdat sy afhanklik van die werk is, kan sy dit nie doen nie.

Hoeveel keer het jy al iemand anders verneder of verontwaardig laat voel net omdat jy neerhalend met daardie persoon praat? Ons moet besef daar is maniere hoe ’n mens met ander kommunikeer en daar is ook ’n tyd en plek vir alles.

Hoe gaan ons leer om met mekaar saam te werk as daar nie wedersydse respek is nie. En hoe kry mense dit reg om werknemers deesdae nog so sleg te behandel?

Hierdie situasie beïnvloed nie net hierdie een werknemer nie, maar ook die ander rondom haar.

Die res van die mense voel waarskynlik ongemaklik omdat hulle hierdie uittrapsessie moes aanskou; ’n volwasse vrou wat soos ’n kind in die openbaar behandel is.

Maar ek kan vir seker sê, hierdie eienaar is nie net met haar werknemers so nie; sy is selfs so met haar kliënte.

Ek en my gesin is al op ’n vorige geleentheid ook so onplesierig deur hierdie vrou bedien, en sy was net so ongeskik met ’n kollega van my.

Jy kan nie ’n diens aan mense lewer, maar nie weet hoe om met mense te werk nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.