Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Heerlike toer beplan vir bejaardes

Die Goue Gerwe-bejaardegroep van Kathu beplan ’n toer deur die natuurskoon van die Klein Karoo en die Suid-Kaap, met ’n opwindende besoek aan Hermanus om die reuse-walvisse by dié dorp te besigtig.

Die toer van agt dae vind van 7 tot 14 Oktober plaas met heerlike kuier- en besigtigings-geleenthede al langs die roete.

Ná dag een word in Beaufort-Wes oornag, waarna die reis deur Meiringspoort na Oudtshoorn, die Kangogrotte en ’n volstruisplaas voortgesit word.

Die protea-plaas van Niel Burger word op dag vier besoek waar die toergroep met ’n trekker en sleepwa teen die Langeberge uit ry om potjiekos te gaan eet.

Op dag vyf is dit die groot dag van walvisse en kan die avontuurlustiges opsioneel ’n bootuitstappie geniet om die groot knewels van naderby te besigtig.

Die mees suidelike punt van Afrika, by Kaap Agulhas, word op dag ses besoek, waarna die terugtog deur Bredasdorp, Swellendam, Mosselbaai, George en Wildernis aangepak word.

Die roete terug na die Noord-Kaap sal deur die natuurskoon van die Karoo wees.

Dit beloof om ’n toer te wees wat lank onthou sal word.

Belangstellendes kan Poppie Landman by 084-326-1168 bel om aan te sluit vir ’n onvergeetlike ervaring, asook om ’n volledige toerprogram te bekom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.