Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners betoog teen gebrek aan dienste

Inwoners van die Kagung-nedersetting langs die N14 tussen Kuruman en Vryburg het Maandag (03/09) die pad met klippe en brandende bande versper en die pad was vir ’n ruk gedeeltelik vir verkeer gesluit.

Dit was in protes teen die gebrek aan basiese dienslewering in die omgewing. Die inwoners eis dat hulle van elektrisiteit voorsien moet word.

Die pad is omstreeks 03:00 deur die betogers gesluit en ’n vragmotor is met klippe bestook. Volgens kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, moes die polisie se eenheid vir openbare orde die sowat 200 betogers met rubberkoeëls uitmekaar jaag.

Vier mans is in hegtenis geneem vir openbare geweld. Die gebied is daarna deur polisielede patrolleer en inwoners was rustig.

“Die pad was teen 07:00 weer oop vir verkeer,” sê Kock.

Teen Maandagmiddag het van die gemeenskapsleiers met Neo Masegela, burgemeester van die Ga-Segonyana-munisipaliteit, vergader.

Masegela het onderneem om ’n vergadering tussen Eskom en die inwoners te reël.

Volgens die inwoners is daar net elektrisiteit in sekere dele van Kagung.

Teen Maandag omstreeks 21:00 het die inwoners weer die pad versper en twee vragmotors aan die brand gesteek.

Volgens Kock is daar geen beserings aangemeld nie en niemand is in verband met brandstigting in hegtenis geneem nie.

“Die pad was teen middernag weer oop vir verkeer. Die polisie monitor die situasie en die pad was Dinsdagoggend (04/09) nog oop vir verkeer. Altesaam ses mans is in hegtenis geneem vir openbare geweld en moet binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.