Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners wys hul woede

Menigte gemeenskapslede van Springbok en Upington het Vrydag (07/06) in die twee onderskeie dorpe byeengekom uit protes teen die geweld teen vroue en kinders.

Caiphus Hinana (27), ’n polisielid wat in Springbok gestasioneer was, word van die moord op Genoveve Assegaai van Louisvale in Upington aangekla.

Die voorval het glo op Vrydag 31 Mei naby ’n sokkerveld in Bergsig in Springbok plaasgevind.

Volgens Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Hinana Vrydag (07/06) in die landdroshof in Springbok op aanklag van moord verskyn.

Die verhoor is tot Vrydag (14/06) uitgestel wanneer Hinana aansoek om borgtog gaan doen.

Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê hulle ondersoek die dood van Assegaai wat uit die optrede van ’n polisielid gespruit het.

“Hinana het haar na bewering met ’n bofbalkolf aangerand en oor haar gery, waarna sy dood is,” sê Dlamini.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.