Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jaar ’n mylpaal vir bewaring
 Kgalagadi
!Xhopan, 'n !Khomanisan-boesman, wys vir Ethan van der Westhuizen (9), 'n !Khomanisan-seun, hoe om met ’n pyl en boog te skiet. Die Khomanisan bied graag in die Kgalagadi-oorgrenspark ’n blik op hoe die Boesmans geleef het. Foto: Anena Burger

Die Kgalagadi-oorgrenspark is vanjaar 20 jaar oud.

Makhotso Sotyu, die adjunkminister van omgewingsake, bosbou en visserye, sê dié viering is ’n mylpaal vir bewaring en ekotoerisme in die Noord-Kaap.

Die park is op 12 Mei 2000 amptelik as die eerste vredespark in Suider-Afrika deur die destydse presidente van Botswana en Suid-Afrika, Festus Mogae en Thabo Mbeki, benoem nadat Botswana en Suid-Afrika op 7 April 1999 ’n historiese bilaterale ooreenkoms onderteken het. Albei lande het onderneem om hul aangrensende nasionale parke, die Gemsbok Nasionale Park in Botswana en die Kalahari-Gemsbok Nasionale Park in Suid-Afrika, ekologies as ’n eenheid te bestuur.

Deur die vestiging van die oorgrenspark kon Botswana en Suid-Afrika die bewaring van waardevolle natuurlewe in dié groot, semidroë, sanderige savanne op lang termyn waarborg, en sodoende die integriteit van die Kalahari-woestyn-ekosisteem behou wat groot dele van Bo­tswana, Namibië en streke van Suid-Afrika dek.

Oorgrens-bewaringsgebiede verhoog ook die internasionale profiel van die gebied as ’n toerismebestemming en dra by tot die welstand van gemeenskappe langs die park, sê Sotyu.

Kgalagadi
'n Trop gemsbokke drink water by ’n watergat in die Kgalagadi-oorgrenspark. Foto: Anena Burger

Daar is geen heining op die grens tussen die twee parke nie, hoewel dit ook die internasionale grens tussen die twee lande is. Die park beslaan ’n oppervlakte van ongeveer 3,6 miljoen hektaar.

Volgens Sotyu het die park reeds talle hoogtepunte beleef en veral na die gemeenskappe daar rondom uitgereik. Talle skole uit die omgewing vind baat by die park se inisiatiewe om leerlinge by bewaring en hul skoolprogramme te betrek. Die skole in die onmiddellike omgewing is ook oor die jare heen van progressiewe leer-materiaal soos interaktiewe witborde voorsien.

Oor die afgelope drie jaar is die kampeergeriewe en ander wooneenhede in die park opgeknap.

Volgens Sotyu het die park ’n goeie verhouding met die !Khomanisan- en Nama-gemeenskappe van Welkom, Andriesvale, Askham en Rietfontein wat die !Xaus-lodge in die park bedryf.

Toeriste wat dié lodge besoek, kan ook ’n lewende Boesman-nedersetting en -museum hier beleef. Die oorgrenspark is ’n foto-mekka en fotograwe van oor die wêreld heen besoek die park vir sy uitsonderlike wild- en voëlspesies, asook asemrowende landskappe.

Die park is op 12 Mei 2000 amptelik as die eerste vredespark in Suider-Afrika deur die destydse presidente van Botswana en Suid-Afrika, Festus Mogae en Thabo Mbeki, benoem nadat Botswana en Suid-Afrika op 7 April 1999 ’n historiese bilaterale ooreenkoms onderteken het.

Kgalagadi
Die Kgalagadi-leeus is die grootste leeus wat in Suid-Afrika aangetref word en behalwe vir die talle boksoorte is hulle, saam met die luiperds, seker van die grootste trekpleisters vir besoekers aan die Kgalagadi-oorgrenspark. Foto: Anena Burger

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.