Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
jdlkasjdlajsd

Dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, het Vrydag (05/07) in Kimberley in sy eerste provinsiale rede gesê die regering moet “nou spoed optel”.

Hy gaan voortaan daagliks, en nie elke 100 dae soos die gebruik is nie, verslag doen oor hoe die sesde administrasie armoede en werkloosheid uitwis.

Hy het sonder ’n blouligbrigade by die Mittah Seperepere-konferensiesentrum opgedaag, waar geen rooi tapyt of ’n opgetooide verhoog hom ingewag het nie.

Saul sê die 21ste eeu het in die Noord-Kaap aangebreek. Hy wil met behulp van die SKA en die Sol Plaatje-universiteit (SPU) en ander rolspelers deur groen energie ’n moderne en suksesvolle provinsie skep.

Wanfunksionele munisipaliteite is onder sy vergrootglas.

“Ons is diep gegrief oor die onlangse ouditverslae. Die ouditeur-generaal (OG) se aanbevelings sal toegepas word, al moet ek met ’n blinddoek mense wat bekend is aan my na die aanklagkantoor bring.”

Hy wil vanjaar nog die matriekslaagsyfer verbeter.

Om wetenskap- en wiskundeslaagsyfers te verbeter, het 750 onderwysers skootrekenaars met digitale projektors gekry.

Saul en sy uitvoerende lede sal elkeen ’n skool wat swak presteer aanneem in ’n poging om uitslae te verbeter. Onderwysers sal verdere opleiding ondergaan en top- wiskunde- en wetenskaponderwysers sal na swak presterende skole ontplooi word.

Geen ouer gaan snags meer in rye voor skole staan om hul kinders in te skryf nie, omdat dit van volgende jaar af aanlyn gedoen sal kan word.

Saul sê gegradueerdes moet beter werkgeleenthede kry en swak geskoolde leerlinge moet vakleerlingskappe deurloop, of heropgelei word. Hy gaan die premier se beursfonds van R36 miljoen gebruik om belowende leerlinge universiteit toe te stuur.

Hy wil nuwe infrastruktuur bou en bestaande infrastruktuur in stand hou. Hy het ’n broertjie dood aan die baie slaggate in die provinsie.

Saul gaan al die onderhouds­eenhede van verskillende departemente saamvoeg om ’n nuwe entiteit te skep.

Dié beoogde staatsbeheerde boumaatskappy moet van volgende jaar af die eerste sooie vir nuwe skole spit, brûe herstel, paaie seël en skole en hospitale opknap.

Wat landbou betref, gaan hy kommersiële landboumaatskappye versoek om leerlingskappe vir jong boere in te stel. Saul wil waterregte bekyk om grond ook aan plaaswerkers beskikbaar te stel en swart boere te bemagtig.

Sy landboustrategie moet nuwe praktyke en opleiding aanmoedig om klimaatsverandering te help teenwerk. Hy wil die uitvoermark vir rooibostee en beesvleis na Rusland en Indië uitbrei.

Noord-Kapenaars gaan nie meer in rye by hospitale en klinieke wag nie. Medisynevoorraad gaan elektronies beheer word sodat “hoofpynpille” altyd beskikbaar is.

“Ek wil medisyne vir chroniese voorskrifte by pasiënte se huise laat aflewer. Gesondheidswerkers gaan skootrekenaars met digitale pasiëntelêers ontvang, wat teen 2021 met 14 hospitale en 50 klinieke verbind gaan wees.”

’n Innovasieforum, gelei deur die SPU, gaan die regering, akademici, burgery en private sektor betrek om nuut te dink. Dit gaan hand aan hand met ’n nuwe breëbandstrategie wat e-innovering moet bevorder.

Saul wil veral staatsinligting en -dienste elektronies beskikbaar stel. Gratis internettoegang teen 2121 by alle biblioteke en 200 WiFi-toegangspunte is in die vooruitsig.

Teen 2121 moet daar internettoegang in alle skole wees. Die Noord-Kaap is een van ses provinsies wat binnekort robottegnologie en kodering as vak van gr. 7 af sal aanbied. Dit bied toegang tot loopbane soos driedimensionele argitektuur, data-ontleding en biotegnologie.

Saul gaan vandeesweek ’n aankondiging doen oor die Bloodhound-projek, wat onder nuwe eienaarskap gaan probeer om die landspoedrekord op Hakskeenpan te verbeter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.