Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Juffrou groet onderwys ná meer as 30j.

Ná meer as 30 jaar in die onderwys tree Hannerie van Niekerk van die Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas vanjaar af.

Hannerie van Niekerk
Hannerie van Niekerk wat ná meer as 30 jaar as onderwyser aftree.

Dit is die einde van ’n onderwysreis wat in die Vrystaat begin het.

Met ’n BA-graad in tale, ’n BEd-graad en ’n Hoër Onderwysdiploma agter haar naam, het sy haar loopbaan in 1986 aan die Hoër Landbouskool in Kroonstad begin. Daarna het sy by die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem gewerk.

Vir die afgelope 25 jaar het sy hoofsaaklik Engels aan die Hoërskool Martin Oosthuizen gegee. Sy en die skool is gereeld vereer vir die beste matriekuitslae in Engels in die Z.F. Mgcawu-streek.

Hierdie prestasie is sprekend van Van Niekerk se toewyding aan die skool en haar leerlinge. Soos baie ander onderwysers het haar werkdag nie gestop wanneer die skoolklok lui nie en was haar pligte nie tot die oordra van boekekennis beperk nie.

Ondanks haar vaardighede as onderwyser en haar onvermoeide pogings om haar leerlinge goeie lesers en skrywers te maak, is dit sekerlik nie waarvoor sy die beste onthou sal word nie.

Personeel wat oor die jare heen saam met haar skoolgehou het, is dit eens dat sy onthou sal word vir haar liefde vir haar leerlinge, die energie wat sy ingesit het om die beste uit elkeen van hulle as ’n mens te haal, haar skerp sin vir humor en haar pienk klaskamers.

Sy was ’n rolmodel en ’n opvoeder in elke sin van die woord.

Vir menige leerling was sy soos ’n ma en aan haar skool was sy altyd lojaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.