Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kamp leer van natuur

Leerlinge van verskeie skole in die Mier-gebied het in September die jaarlikse Pulai-kamp bygewoon.

Braam van Greunen en Dirk Fourie, huurders van die plaas Pulai, neem sedert 2015 jaarliks leerlinge vir die naweekuitstappie.

Dié jaarlikse uitstappie is hoog op die kalender van die leerlinge en almal wil dit graag bywoon. Die uitstappie het vanjaar van 20 tot 22 September geduur.

Die doel van dié uitstappie is om die leerlinge aan die natuur bloot te stel, en vir sosialisering.

Op die uitstappie beleef die leerlinge ’n stukkie van die Kalahari. Hulle jag, sny spoor, identifiseer grassoorte en hoe om in die natuur te oorleef. Saans om die kampvuur word die ore gespits om die geluide van die verskillende diere te identifiseer.

Die leerlinge het dit baie geniet en is huis toe elk met ’n T-hemp, hoed en ’n rugsak vol skoolbenodigdhede.

Vir baie van die leerlinge was dit ’n eerste ondervinding en die opwinding van so ’n wegbreeknaweek was tasbaar.

Dié naweek het beslis dié leerlinge se horisonne verbreed en hulle het nuwe vaardighede geleer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.