Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kanker is nie doodsvonnis

Die woord kanker is nie vir haar ’n doodsvonnis nie. Dit is ’n vonnis wat haar moed gegee het om te leef.

Ronélle van Rensburg (62), ’n kankeroorwinnaar en vrywilliger van Kansa se Kathu-tak, staan elke dag met ’n lied in haar hart op nadat servikale kanker in 2008 by haar gediagnoseer is.

KANSA
Ronélle van Rensburg, ’n kankeroorwinnaar ondersteun kankervegters in hul stryd. Van links is Donelle Strauss (17), Ronélle van Rensburg en Joslin Strauss (14), almal vrywilligers, by die Pienk-pretstap van Kansa se Kathu-tak wat Vrydag (6/12) by die Heritage Mall gehou is. Foto: Alzane Narrain

Hoewel die kanker later na haar limfkliere versprei het, het sy nie toegelaat dat dit haar onderkry of haar lewenslus steel nie. Sy is die afgelope tien jaar al in remissie.

“Die kankerpad is moeilik, maar daar is altyd hoop,” sê Van Rensburg, voorheen die persoonlike assistent van die hoof: verkeerdienste in Upington.

Dié ma van twee sê met haar diagnose het sy by Kansa betrokke geraak.

Die sprankelende vrou sê kanker én die behandeling het ’n groot invloed op ’n pasiënt se lewe. Daarom moet kankervegters op hul reis ondersteun en bemoedig word om die stryd te oorwin.

Ná haar oorwinning het sy besluit om ander kankerlyers tree vir tree op hul kankerreis te ondersteun.

Sy sê toe sy jare terug die woord kanker hoor, het sy nie aan die dood gedink nie.

“My gesindheid van daardie oomblik af was dat dit nie my doodsvonnis gaan wees nie. Ek het dit as ’n vonnis om te leef gesien.”

Sy sê sy het dit as ’n beheerbare siekte benader.

“Dit kan enige tyd terugkom. Maar jy moet jou geloof behou dat dit nie gaan gebeur nie.”

Die oorwinning is vir haar soos ’n tweede kans. “Lewe elke dag ten volle. Gryp elke dag en lewe elke oomblik 100 persent voluit. Niemand is gevrywaar van kanker nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.