Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kersfees gee só aan ons nuwe hoop

In Desember dink ons aan feesvier. Dit is vakansie en dit is Kersfees. Maar die werklikhede van die lewe demp dikwels ons vrolikheid. Vanjaar is die droogte skerp in ons oog.

Ervarings van swaarkry is goed en dit is noodsaaklike onderwysers. ’n Mens moet dit nie probeer vermy, ontken, wegredeneer of daarvan weghardloop nie. Ons leer meer deur swaarkry as deur suksesse. ’n Sportman sê onlangs: ’n Mens leer meer as jy verloor as wanneer jy wen. Jy vra dan dieper vrae, jy begeer meer om sake reg te stel, en daarom soek jy harder na wat jy moet verbeter.

Ons het die donkerte nodig om die lig te waardeer. Sommige van die seerste tye van ons lewe, soos dood, siekte en egskeiding, skep dikwels juis in ons die vermoë om meer lief te kan hê, om meer voluit te kan lewe omdat ons dinge dan anders en beter verstaan.

Of swaarkry kom deur ons eie swak besluite en of dit kom deur faktore buite ons beheer, ons moet dit altyd eerlik in die oë kyk. Want as ons erns maak met wat God besig is om in ons lewens te doen begin lewensverandering in ons plaasvind.

Ons bedoel daarmee dat God ons wil help om in swaar tye selfondersoek te doen, om verkeerde dinge in ons lewe uit te sny, Hy wil ons aanmoedig om nuut te dink oor die lewe, om nuut te droom en doen. Dit is tyd vir karakter bou, gegrond op God se siening van menswees.

In donker tye dink ons ook dieper oor God: wie Hy is, hoe Hy is. En daarom dink ek moet ons swaarkry ook sien as genade.

Kersfees sê dat God ’n mens geword het om sy solidariteit met ons te wys. Hy bevestig dat Hy ons wil kom help, deur fisies betrokke te raak. Die hoop-boodskap van Kersfees lê daarin dat God Homself kom wys. Jesus is ook ons voorbeeld van wat ware menswees beteken. Laat Hy jou menswees vorm.

“Dankie Here dat U in ons moeilike wêreld kom instap en nie op ’n afstand staan en onbetrokke is nie. Amen”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.