Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Knellende droogte kwel

Hoewel reënbuie verlede week hoop gebring het, gaan boere in die Noord-Kaap steeds onder erge droogte gebuk.

Boere in die omgewing sê ’n donker prentjie wag as die gebied nie binnekort goeie reën kry nie. Al reën dit ook, is die oplewing nie in sig nie.

Die wolkelaag oor Postmasburg Ná sluitingstyd oor die leë parkeerterrein voor Spar in Postmasburg, lyk die wolkelaag belowend. Foto: Mimi Swart

Vee wat weens die droogte ly en na water en kos opsoek is, word meer in woon- en dorpsgebiede gesien.

Jim Bredenkamp, voorsitter van Agri Postmasburg, sê hy gee vir sy diere ekstra kos, afwagtend op reën.

Hoewel sommige boorgate nog water het, is baie boorgate in die gebied reeds droog word daar van baie droë boorgate in die gebied verneem.

Allen Scholtz, wat op Humansrus boer, sê hy is hier gebore en dit is die ergste droogte oor ’n groot gebied wat hy nog ondervind het.

Johan Gous van die plaas Tierkop is van die gelukkiger boere wat oor die Paas­naweek 60 mm tot 70 mm reën gehad het. Vroeër die jaar het reën plek-plek voorgekom.

Dit was egter laat in die groeiseisoen en voor die winter. Die hael het die gras weggeslaan en gevolglik het weiding min daarby gebaat.

Voor hierdie reën was dit die droogste seisoen sedert 1944, sê Gous. Slegs 5 mm het al geval.

Omdat hy ’n staatsreënmeter op sy plaas het, word reënvalsyfers aangeteken.. Daarom word daar van toeka af statistieke aan die gang gehou.

Die reënval is ver onder die gemiddeld ten opsigte van die vorige seisoen. Hierdie seisoen het daar net 5 mm reën tot dusver geval, sê hy.

Dr. Ian van der Merwe, wat al jare sowat 45 km suid van Postmasburg op sy familieplaas boer, sê hy voer sedert September sy beeste elke dag.al sy beeste van September af elke dag.

Die boorgate se watervlakke van die het al 3 m gesak.

Jaco Karsten van die plaas Perdepan sê hoewel hy homself gelukkiger as baie ander boere beskou, toestande op sy plaas nou ook kritiek word.

Hy sê die toestande beweeg ook nou na kritieke omstandighede. Om lewensvatbaar te boer, kan net Diere sal verminder moet word om net kernkuddes behou word.

John Daniël van die familieplaas Lucasdam naby Postmasburg, waar hy al 42 jaar boer, sê dit is die ergste toestande wat hy nog ervaar het.

Die probleem van loslopende diere in die strate van Postmasburg word ook groter. Elke faset van die samelewing word deur dié omstandighede geraak. – Mimi Swart

Al meer mense hou diere soos beeste, skape, bokke en perde in woongebiede en op meente aan. Dit hou ’n gevaar vir motoriste in.

Die diere soek kos en water. Die gevaar vir motoriste weens hierdie situasie is kommerwekkend.

In besighede, op straat en in gesprekke hoor ’n mens die bekommernis van die gemeenskap wat opkyk vir reën.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.