Die Kalahari Mall in Upington het die Studente-droogtehulpfonds (SDHF) ondersteun deur ’n kuieraand met Jay du Plessis te reël.
Toegang vir dié kuieraand op Saterdag 16 November was nie-bederfbare produkte en skryfbehoeftes.

Jay du Plessis sing op die Kalahari Mall in Upington se kuieraand. Dié geselligheid is gehou om nie-bederfbare produkte vir die Studente-droogtehulpfonds in te samel. Inlas: Van die nie-bederfbare produkte wat ingesamel is. Foto: Verskaf
Talle mense het skenkings gedoen om die SDHF te ondersteun.

Van die nie-bederfbare produkte wat vir die Studente-droogtehulpfonds ingesamel is. Foto: Verskaf
Die fonds is gestig met die doel om geld in te samel vir Noord-Kaapse boere wat deur die droogte geraak word.
Dié provinsie is onlangs tot ’n rampgebied verklaar.
Met die insameling van geld en ander skenkings word boere gehelp om onder meer skoolgeld te betaal.
ondersteun dié fonds boere om hul kinders se skoolgeld en tersiêre studies te help betaal.
Die fonds word deur die geoktrooieerde rekenmeesters Nel & Vennote in Upington bestuur.
Vir meer inligting oor hoe om by te dra, bel Annemie Baard by 072-110-9848.
– Marike Engelbrecht