Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerling wen met foto

Leerlinge van die Laerskool Oranje-Noord het vanjaar aan die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Internasionale Afrikaanse Ekspo deelgeneem.

Gr. 6- en gr. 7-leerlinge kon aan die kompetisie deelneem waarvan die tema “Protes” was.

Die leerlinge kon in verskillende afdelings inskryf, soos ’n dagboekinskrywing, fotografie, ’n koerantberig, opstel en poësie.

Die deelnemers in gr. 6 was Mcheehan Cuylers, Mia Procicchiani, Jenae Maasdorp en Liza-Mari Erasmus.

Die gr. 7-deelnemers was Nadia Goussard, Bertha Brand, JD Carr, Janko Botma en Jo’Ann-Mare Visser.

Nadia het met die louere as die algehele wenner van die gr. 7-fotografie-afdeling weggestap.

Haar foto met die titel: “Rook doen skade” het haar die wenplek besorg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.