Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Liefdeswet moet ons lewe elke dag rig

Dit lyk ál meer vir my asof gelowiges hul verlossing hanteer as iets wat vir hulle ’n plek bespreek in die hemel, maar dat dit min verskil maak aan hul lewe totdat hulle daar kom.

Dalk verstaan ons steeds nie dat verlossing nuwe lewe beteken nie, dat die ou dinge verby is en die nuwe gekom het nie.

Verlossing beteken ons is vrygemaak van die wet en leef ’n hele nuwe lewe as voorheen.

Die wet hou mens vas, onderdruk jou, wys jou op jou tekortkominge, en uiteindelik word mense negatief.

In die daaglikse lewe draai alles om prestasie, word ons elke dag geweeg en, ongelukkig, elke keer te lig bevind. Dit het mense van ouds af al besef.

In Handelinge 15:10-12 vra Petrus aan sy medegelowiges: “So why are you . . . loading these new believers down with rules that crushed our ancestors and crushed us, too?” (The Message)

Hierdie woorde ruk my. Ek sien in myself en almal rondom my ons onvermoë om volmaak te leef, want dit is wat die wet vra. Ek ervaar die pyn van “tekortskiet” in mense, die ervaring wat daartoe lei dat mense met swak selfbeelde en skuldgevoelens rondloop.

Ek lees dat Jesus ook hiermee gekonfronteer was.

Die (skyn)heiliges van ouds het die mense gereeld na Hom gebring dat Hy die oordeel oor hulle moes vel.

Maar Hy het konsekwent geweier. Hy het telkens gewys op die ander moontlikheid, die moontlikheid om te besluit om nuut te leef.

Die nuwe lewe waarvan die Bybel praat, noem nooit dat hierdie mense nie weer sonde gedoen het nie. Dit verwys eerder na nuwe dade van omgee en sorg vir die naaste.

Die fokus van die nuwe lewe is nie of ons die wet kan uitvoer nie, maar of ons daagliks die Heilige Gees as Here erken.

Hierdie lewe is nie sonder ’n wet nie. Dit is nie om vry te wees om sonde te doen nie. Nee, dit is gewoon die liefdeswet wat elke dag ons lewe rig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.