Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man met jagluiperd agter tralies

’n Botswana-burger wat met ’n lewende jagluiperd in sy kattebak betrap is, gaan Kersfees agter tralies deurbring.

Archie Thero Bimbo het Dinsdag (10/12) vlugtig in die Kuruman-landdroshof op aanklagte van die onwettige handel in wilde diere verskyn.

jagluiperd
Die jagluiperd waarop Vrydag beslag gelê is. Die voorval het buite Kuruman plaasgevind. Foto: Verskaf

Bimbo bly in aanhouding nadat landdros Mothusi Maje sy formele aansoek om borgtog tot later vandeesmaand uitgestel het.

Sy verskyning in die hof spruit uit gebeure toe hy Vrydag (06/12) net buite Kuruman in die besit van ’n lewendige jagluiperd en leeubene betrap is.

Die polisie het inligting ontvang dat Bimbo van plan is om ’n jagluiperd en leeubene aan iemand in Suid-Afrika te verkoop.

Die transaksie is gereël en Bimbo is met die jagluiperd en bene betrap toe lede van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, die Kuruman-veediefstaleenheid en die Kuruman-hoofwegpatrollie op hom toegeslaan het.

Die lagluiperd het mediese behandeling ontvang en is in ’n rehabilitasiesentrum vir wilde diere opgeneem.

Die waarde van die jagluiperd en die leeubene is nagenoeg R400 000.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.