Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man sit lewenslank oor wrede moord op vrou

Jan Esterhuise is Vrydag (05/07) in die hooggeregshof in Kimberley tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis weens die moord op Riana Louw du Toit.

Haar lyk is op 6 Februarie 2018 op ’n grondpad buite Sutherland gekry. Haar skedel is verbrysel.

Waarnemende regter Almé Stanton het Esterhuise ook 15 jaar gevangenisstraf vir roof met verswarende omstandighede opgelê wat gelyklopend met sy ander vonnis uitgedien moet word.

Hy is onskuldig bevind op aanklag van verkragting.

Esterhuise (41) van Portugals­rivierplaas in Namakwaland se bekentenis is vroeër in die verhoor ná ’n binneverhoor toegelaat.

Die patoloog het in die verhoor getuig dat die oorledene kopwonde en verdedigingswonde aan haar hande gehad het. Sy het ook haar knie beseer toe sy uit haar motor gesleep is.

Sy kon haar nie teen haar aanvaller verdedig nie.

In sy bekentenis het Esterhuise gesê dat hy haar eers met twee klippe geslaan het.

Toe sy nie dood is nie, het hy groter klippe op haar kop gegooi. Sy het skedelbreuke opgedoen.

Louw du Toit is vermoedelik oorval toe sy tussen 08:00 en 09:00 op pad werk toe was op die R354-pad tussen Sutherland en Merweville.

Sy was alleen in haar motor op pad na die Rogge Cloof-gasteplaas waar sy gewerk het.

Toe sy omstreeks 08:30 nog nie by die werk was nie, het haar kollegas na haar begin soek.

Haar lyk is op die Soutdriftpad in haar motor gekry.

Daar was ’n groot klip op haar kop en haar broek se gordel was losgemaak. Haar Samsung-selfoon was weg.

Vroeër is berig dat lede van ’n gemeenskapsveiligheidsgroep kort daarna ’n man aangekeer het waar hy in die riete weggekruip het.

Du Toit word deur twee tienerdogters oorleef. Sy het luidens haar Facebook-profiel in 2015 na Sutherland verhuis en het by die restaurant op die plaas gewerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.