Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Moord-syfers ‘skokkend’

Altesaam 3 915 vroue en kinders is in die jaar tot 31 Maart vermoor.

Dié syfers is afgryslik en skokkend en sê baie van die samelewing se morele karakter, het Francois Beukman, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, op Woensdag 29 Augustus gesê.

Die statistieke vir die 2017-’18-boekjaar is Woensdag aan LP’s voorgelê.

Die meeste van die moorde op vroue en kinders – altesaam 886 – het in KwaZulu-Natal plaasgevind, gevolg deur die Oos-Kaap (730), Gauteng (657), die Wes-Kaap (649), die Vrystaat (254), Noordwes (231), Mpumalanga (217), Limpopo (215) en die Noord-Kaap (76).

Die getal moorde op vroue het landwyd met 11% toegeneem, van 2 639 in die 2016-’17-boekjaar tot 2 930 in die 2017-’18-boekjaar.

Kindermoorde het met 17,4% toegeneem, van 839 tot 985.

Die meeste moorde op kinders het in die Wes-Kaap voorgekom.

Dié syfer het van 192 in die 2016-’17-boekjaar tot 279 in die 2017-’18-boekjaar gestyg.

In KwaZulu-Natal het dit in die ooreenstemmende tydperk van 157 tot 221 gestyg, en in die Oos-Kaap van 148 tot 180.

Beukman het gesê die samelewing moet ’n groter poging aanwend om gesinsgeweld en geweld tussen verwante partye te bekamp.

“Baie van die misdade teen vroue en kinders word deur mense gepleeg wat hulle ken.”

Volgens Bheki Cele, die minister van polisie wat ook die komiteesitting bygewoon het, loop kinders erg onder mishandeling deur.

Een van die groot uitdagings om sulke misdade te voorkom, is volgens Cele juis as die slagoffer en die oortreder na aan mekaar is.

“Dit is een ding wat vir ons as die polisie groot probleme skep. As jy saam met jou meisie gaan en jy vermoor haar, kom die optrede altyd agterna. DitOptrede kan nie vooraf gebeur nie. Die polisie kan nie verliefdes by padversperrings voorkeer en sê die kêrel mag nie saam met sy meisie gaan nie kan nie saam met haar gaan nie.

“Dit is een ding wat vir ons as die polisie groot probleme skep. As ’n man êrens saam met sy meisie gaan, en haar dan vermoor, kom die optrede altyd agterna. Dit kan nie vooraf gebeur nie.

“Die polisie kan nie verliefdes by padversperrings voorkeer en sê die kêrel mag nie saam met sy meisie gaan nie. Dié is aspekte wat sake baie, baie moeilik maak,” het hy gesê.

’n Ander groot probleem is dat sake dikwels teruggetrek word.

Hy het toegegee dat die polisie soms nie weet hoe om slagoffers van gesinsgeweld te hanteer nie, en dat opleiding belangrik is.

“Ek het aan die polisiebestuur gevra waarom ons nie meer vroue-beamptes by die ontvangstoonbank kry nie. Ek verbeel my net as ’n vrou vir ’n polisieman moet sê sy is verkrag. Ek dink dit traumatiseer jou meer.

“As slagoffers nie die gebeure behoorlik verduidelik nie, verloor ons die saak in ’n later stadium.

“Die sensitiwiteit met die eerste aanmelding moet ernstig opgeneem word,” het Cele gesê.
– Philda Essop

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.