Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Motors ry teen dwelmmisbruik

Dwelmmisbruik kom in die meeste gemeenskappe in die streek voor, en talle organisasies probeer om jong mense van die gevare bewus te maak.

Die Yakuza-motorklub in Kuruman doen ook sy deel, en probeer jonges se aandag na sy spoggerige ysters trek.

Dié klub is in November 2017 gestig en bestaan uit sowat 20 lede.

Hulle het Saterdag (01/09) ’n Breakfast Run gehou waar hulle van Kuruman na Kathu gery om geld vir die bewusmaking in te samel.

Werner Buys, president van die klub, sê hoewel die lede Japanese motors ry, verwelkom hulle graag geesdriftiges van ander motorsoorte om aan bewus­makingsveldtogte deel te neem.

“Daar is so baie jong mense in ons gemeenskap wat dwelms misbruik, en ons wil probeer om hul aandag op positiewe dinge te rig,” sê Buys.

“Toe ek jonk was, het ek altyd ander manne se mooi motors beny. So mooi, en so blinkgevryf. Dit het my positief beïnvloed. Daardie motoreienaars, wat nou al seker oud is, het my op ’n jong ouderdom inspireer.”

Buys sê die lede ry ook graag deur die woonbuurte se strate in die hoop dat hul voertuie jonges se belangstelling sal prikkel.

“Die bonus van dit alles is dat ons in elk geval lief is vir motors en dit geniet om hulle aanloklik te laat lyk. Nou doen ons dit sommer vir liefdadigheid.”

Volgens Yanick Annis, vise-president van die klub, gebruik lede die geld wat ingesamel word om na gesinne in nood om te sien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.