Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Myne in die spervuur
postmasburg
Die Kolomela-myn naby Postmasburg is ook onder die spervuur van betrogers.

Terwyl meer as 40 myners van die Lomoteng-myn in Postmasburg wat positief vir die koronavirus getoets het op die uitslae van hul hertoetse wag, wil honderde inwoners myne om die dorp tot stilstand dwing.

Enkele ure nadat dit Sondag (21/06) aangekondig is dat die positiewe gevalle in die Noord-Kaap na meer as 230 gestyg het, het honderde mense buite die kantore van die departement van arbeid in Postmasburg betoog.

As die myne nie binne twee weke in ons guns reageer en plaaslike inwoners in die meer as 150 poste sit nie, gaan ons seker maak dat die myne tot ’n totale stilstand kom.

Dinsdagoggend is twee plaaslike munisipale raadslede in hegtenis geneem nadat hulle Maandag ’n onwettige optog gereel het oor die arbeidspraktyke van myne in die Tsantsabane- munisipale gebied.

Dié twee, onderskeidelik van die EFF en die Save Tsantsabane Coalition (STC), sal die week in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte dat hulle die Wet op Rampbestuur oortree het.

Een van die betogers, wat anoniem wil bly uit vrees dat hy ook in hegtenis geneem gaan word, sê werkloses in Postmasburg raak rusteloos.

“Honderde van ons was Maandag deel van die optog en het ons CV’s vir poste by myne om die dorp ingedien. .”

Korona beteken niks. Ons mense gaan daagliks dood van die honger.

Nog ’n anonieme betoger sê hul leiers wat die optog gereël het, sit verkeerdelik agter tralies omdat mense hulle wil stilmaak.

“Hulle veg vir die stemloses, ons gaan nie met protesaksie ophou totdat ons die geadverteerde poste by die myne beklee nie. Korona beteken niks. Ons mense gaan daagliks dood van die honger.”

Ander inwoners het ’n beroep gedoen dat van die myne net tydelik gesluit moet word sodat hul werkers siftings- en toets­prosedures kan ondergaan.

Gemeenskaplede beskuldig die Lomoteng-myn in verskeie stemboodskappe daarvan dat hy nie genoeg gedoen het om die verspreiding van die virus te voorkom nie.

Die myn het met produksie voortgegaan, ondanks die werkers wat positief getoets het.

Volgens ’n verklaring van Huatian SA Mining and Investments, waaraan die Lomoteng-myn behoort, word dié 43 werknemers wat verlede week positief getoets het, weer deur die departement van gesondheid in Upington getoets.

Die Khumani-myn, wat ook hier geleë is, het sy werknemers in ’n brief gevra om hulself te isoleer indien hulle moontlik kontak met werknemers of kontrakteurs van die Lomoteng-myn gehad het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.