Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
NK-seun presteer in rugby

Louwan Horn, ’n seun van Kuruman, is vir die Suid-Afrikaanse Skole se o.18-Springboksewesrugbyspan gekies. Dié span gaan Suid-Afrika tydens die Junior Olimpiese Spele in Argentinië vanaf 2 tot 18 Oktober verteenwoordig.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat die Suid-Afrikaanse o.18-sewesrugbyspan aan die Junior Olimpiese Spele gaan deelneem.

Louwan is ’n matrikulant aan die Hoër Jongenskool Paarl.

Hoewel Louwan ver van die huis af is en dít nie altyd maklik is nie, het hy uitmuntend presteer.

Hy het aan die begin van sy gr. 10-jaar van die Hoërskool Kalahari in Kuruman na die Hoër Jongenskool Paarl geskuif.

Hy was in die Laerskool Seodin.

Louwan se ouers, Albie en Kara Horn, bly nog in Kuruman.

Pa Albie is ’n boer en oud-landbou-onderwyser en Ma Kara is ’n onderwyser by die Laerskool Seodin.

Louwan is reeds in 2017 vir die Suid-Afrikaanse skole se o.17-sewesrugbyspan gekies nadat hy die Westelike Provinsie se sewesspan verteenwoordig het, wat toe die nasionale toernooi in 2017 gewen het.

Louwan is ook deel van die Hoër Jongenskool Paarl se eerste span wat vir drie jaar in meer as 50 wedstryde onoorwonne in Suid-Afrika was.

Hy gaan volgende jaar na die Blou Bulle waar hy ’n kontrak vir 2019 het.

Albie, wat self ook rugby gespeel en later afgerig het, sê hy en sy vrou is trots op hul seun.

“Ek het trots en respek vir hom. Dis nie maklik om so ver van die huis af te wees en steeds so goed te presteer nie.

“Hy werk baie hard, want ’n mens kom nie so ver as jy nie hard werk nie. Ek glo daar is Iemand daar bo wat na hom kyk. Ek glo nie in toeval nie, dis net die Here se werk en ons is baie dankbaar vir die Here vir Louwan se prestasies.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.