SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Oop kabel skok kleuter

As ’n vyfjarige seun van Kuruman nie deur ’n lid van die gemeenskap van die kragboks weggeruk is nie, sou hy moontlik erger beserings opgedoen het, of kon hy dood wees.

Lester Vorster
Lester Vorster was in die hospitaal nadat hy deur ’n oop kragkabel geskok is. Inlas: Brandwonde aan Lester se hand. Foto’s: Verskaf

Klein Lester Vorster van Mandela Park het Vrydag (22/11) verskeie brandwonde opgedoen toe hy deur 236 volt elektrisiteit geskok is.

Die seuntjie het saam met maats naby sy huis gespeel toe hy per ongeluk aan ’n oop kabel van ’n munisipale kragboks geraak het.

Lester is in ’n plaaslike hospitaal opgeneem en het vinnig aangesterk.

Willie Aucamp, die DA-LP in Kuruman, sê egter as Lester nie deur ’n lid van die gemeenskap van die kragboks weggeruk was nie, sou hy moontlik erger be­serings opgedoen het, of selfs dood gewees het.

Aucamp sê die Ga-Segonyana-munisipaliteit moet sy huis in orde kry.

Die voorval kom nadat die DA reeds Donderdag (21/11) die blootgestelde drade by die munisipaliteit aangemeld het.

Hy sê munisipale werkers het wel die situasie gaan evalueer, maar het niks gedoen om die probleem op te los nie, of selfs die gevaargebied af te sper nie.

Lester Vorster
Die brandwonde op klein Lester Vorster se hand. Foto: Verskaf

“Om verdere beserings te voorkom, het ons Saterdag (23/11) ’n inligtingsessie met die Mandela Park-gemeenskap belê om mense bewus te maak van die gevare van kragbokse en blootgestelde kabels.”

Aucamp sê die gemeenskap het ook ’n versoekskrif onderteken wat aan die burgemeester, Neo Masegela, gerig is, waarin hy versoek word om die strate van Ga-Segonyana weer veilig te maak.

“Daar is tans ’n aantal veiligheidsrisiko’s in die strate van Kuruman en omliggende nedersettings, wat direk verband hou met blootgestelde kabels en kragbokse,” sê hy.

Aucamp sê aangesien dit skoolvakansie en feestyd is, sal meer mense in die volgende paar weke in die strate kuier.

“Dit hou ’n ernstige gevaar in vir plaaslike inwoners en veral kinders, wat nêrens anders het om te speel nie weens parke wat nie onderhou word nie en in ’n vreeslike toestand is.”

Aucamp sê die plaaslike regering is dit aan hulle verskuldig om hulle hierdie Kersfees veilig te hou, en hulle nie kwaad en ongelukkigheid te berokken weens die munisipaliteit se onvermoë om basiese risiko’s te hanteer nie.

Hy sê die munisipaliteit moet dringend sy huis in orde te kry voordat verdere ernstige beserings of selfs lewensverlies plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.