Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Robotika-foendi’s uit NK wys hul slag oorsee

Agt leerlinge aan die Hoërskool Carnarvon is Woensdag 5 Junie soos helde op die Kimberley-lughawe ontvang nadat hulle ’n eerste plek in die internasionale First Lego League-kompetisie behaal het.

Die kompetisie het van 30 Mei tot 1 Junie in Montevideo in Uruguay plaasgevind.

Dit is deur deelnemers van oor die wêreld heen bygewoon.

Dié leerlinge, van gr. 9 tot gr. 12, het almal wiskunde en wetenskap as skoolvakke en moes aan oplossings dink vir probleme wat ruimtevaarders ervaar.

Die leerlinge het ’n robotiese hand ontwerp om ruimtevaarders te help.

Hulle is oorsee vergesel deur onderwysers van die skool en lede van die Square Kilometre Array (SKA) se program om belangstelling in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde te prikkel.

Die leerlinge het een van vier kategorieë, naamlik kernwaardes/inspirasie gewen.

Volgens Odwa Magabuko, junior programkoördineerder en fasiliteerder van die laboratorium vir robotika en fisiese wetenskappe, is die leerlinge beoordeel vir hoe goed hulle in ’n groep saamgewerk het om die oplossing te vind.

Volgens Magabuko is SKA by nege skole in die omgewing van die SKA betrokke om leerlinge se belangstelling in wiskunde en wetenskap te prikkel.

Die leerlinge het verlede jaar ook ’n robotika-streekskompetisie gewen wat jaarliks in Carnarvon gehou word.

Hulle het later na die nasionale kompetisie in Johannesburg deurgedring.

Die kompetisie in Uruguay word deur die speelgoedmaatskappy Lego en First, ’n internasionale jeugorganisasie, aangebied. Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, McCollen Jack, was Woensdag op die Kimberley-lughawe om die leerlinge terug te verwelkom. Hy het in ’n kort toespraak gesê die leerlinge baan die weg in die Noord-Kaap vir die vierde nywerheidsrevolusie.

“Die feit dat hulle almal van ’n klein Karoo-dorpie in die Noord-Kaap is, bewys dat geen plek te klein is om presteerders op te lewer nie,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.