Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Saul het van droogte vergeet, sê Agri-NK

Dit was aangenaam om na dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, se “ingeligte” eerste provinsiale rede te luister, net jammer dat hy oor die droogte geswyg het.

Volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, is Saul ’n “opgevoede persoon wat met insig gepraat het” in sy rede Vrydag (05/07).

“Hy het ’n toespraak met min politieke beloftes gelewer waarin hy die heuningkwas tuis gelos het. Daar was min politieke opswepery en retoriek,” meen Jansen.

“Tog het die premier geswyg oor die jare lange knellende droogte wat 70% van die provinsie raak.

“Dit is noodsaaklik dat die provinsiale regering ’n droogterampverklaring doen. Ons benodig geld van die Nasionale Tesourie om die landboubedryf weer op sy voete te kry. Dit sal baie minder kos om die landboubedryf en -infrastruktuur in stand te hou as om dit van voor af te skep,” sê Jansen.

“Indien die landbousektor hulp ontvang, kan ons herstel en ons regmatige bydrae tot die bruto binnelandse produk en ekonomiese groei lewer.

“Ons in landboukringe wil graag met die premier saamwerk. Die volle potensiaal van landbou moet ontgin word sodat welvaart vir almal geskep kan word.”

Jansen sê dit was duidelik dat pres. Cyril Ramaphosa se geesdrif oor ’n nuwe, moderne stad vir Saul, wat oor ’n moderne Noord-Kaap in sy toespraak gepraat het, aangesteek het.

“Saul het gesê digitale diens­te en breëbandinternettoegang moet vir almal beskikbaar wees. Tog, in die land se grootste provinsie, moet landelike gebiede benewens ontoereikende landlyntoegang met onvoldoende selfoonontvangs sukkel. Die 4G-selfoondienste is net in stede beskikbaar, en nie op die platteland nie.”

Volgens Jansen is dit verblydend dat die premier ’n selfoon-app in diens wil stel waarop mense kan sien waar die naaste ambulans is. Tog meen hy dat die grondpaaie in die provinsie dringend aandag kort.

“Ons sal van ’n selfoontoepassing hou waar ons kan sien waar die naaste padskraper is.

“Die premier wil mense oplei en werk skep. Hy kan gerus geld in die opleiding van padskraper-operateurs en padingenieurs belê.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.