Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Saul se raad ‘moet dien’

Dr. Zamani Saul, nuwe Noord-Kaapse premier, het Woensdag (29/05) gesê hy het sy nuwe uitvoerende raad aangestel met die gedagte dat hulle sal dien en nie hulself sal verryk nie.

Hy het sy raad verklein deur van die portefeuljes saam te voeg.

“Ek is ontevrede met die Noord-Kaapse regering se vermoëns. Ons moet dit versterk om dringend nuwe beleggings te lok. ’n Doeltreffende regering sal maatskaplike dienslewering verbeter en ’n regering skep wat in die 21ste eeu se behoeftes voorsien.

“Een van my groot oogmerke is om ’n staatsbeheerde konstruksiemaatskappy te stig om grootmaat-infrastruktuurprojekte en behuisingsprojekte vir regeringsdepartemente te bou.”

Saul wil ook ’n staatsbeheerde myn stig wat die provinsie se minerale tot voordeel van Noord-Kapenaars sal ontgin.

“Ons kan nie aanhou kla dat die minerale bronne nie tot voordeel van inwoners aangewend word nie.”

Hy sê dit is substantiewe oplossings om groot probleme soos werkloosheid te verlig. Sy planne moet werkloosheid onder die jeug verlig en die gepaardgaande dwelmmisbruik verminder.

“Ons jong mense het nie die regte vaardighede vir die mark se behoeftes nie. Opleiding en heropleiding is dringend nodig.

“Ons wil klein en mediumgrootte ondernemings ondersteun, want in eerstewêreld-ekonomieë is dit hierdie ondernemings wat die meeste werk verskaf. Groot maatskappye outomatiseer hul waardekettings en skaf poste af.”

Regeringsdepartemente moet daarom ook hierdie ondernemings binne 30 dae betaal nadat diens­te gelewer is, sê hy.

Saul sê hy lê snags wakker oor die onderpresterende departement van onderwys en die olike departement van gesondheid wat bykans 70% van die begroting kry.

Die premier sê die Noord-Kaapse matriekslaagsyfer moet drasties verbeter.

“As ons tevrede is met die tweede laagste matriekslaagsyfer in die land, normaliseer ons swak prestasie. Dit is onaanvaarbaar. Die Afrika-kind moet gehalte-onderwys ontvang sodat hy of sy universele toegang tot alle geleenthede kan kry. Die gesondheidsdepartement vaar nie goed nie, en ek wil môre al verbetering sien. Nie een van ons wil in ’n geval van siekte in die Robert Sobukwe-hospitaal in Kimberley of die prof. ZK Matthews-hospitaal in Barkly-Wes opgeneem word nie.

Hy sê die forensiese verslae wat oor sekere munisipaliteite opgestel is, moet opgevolg word. Daar sal gevolge wees vir diegene wat deur aanklagte in die gesig gestaar word.

Die nuwe LUR’e is Bernice Sinxeve (sport, kuns en kultuur), Nontobeko Vilakati (vervoer en veiligheidskakeling), Maruping Lekwene (finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme), Mase Manopole (gesondheid), Bentley Vass (samewerkende regering en tradisionele regering), MacCollen Jack (onderwys), Nomandla Bloem (landelike ontwikkeling, landbou en natuurbewaring), Abraham Vosloo (paaie en openbare werke) en Barbara Bartlett (maatskaplike ontwikkeling).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.