Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ses aangekeer

Ses verdagtes wat op Dinsdag 14 Mei vir gewapende roof in hegtenis geneem is, verskyn weer Donderdag (30/05) in die landdroshof in Mothibistad vir aansoek om borgtog.

Hulle het reeds Donderdag (16/05) vlugtig in die hof verskyn.

Jeffrey Kenosi, Bakang Mokgothu, Tefo Khubu, George Buti Ndlovu, Pholo Johannes Khubu en Ditiro Joseph Brooks is in hegtenis geneem kort nadat hulle glo ’n winkel in Heuningvlei beroof en die winkeleienaar met ’n mes gesteek het.

Volgens ao. Mosimoatsile Letsapa, polisiewoordvoerder, is die ses verdagtes ná die rooftog aangekeer by Bathlaros, waar hulle in ’n minibustaxi gery het.

’n Onbekende bedrag geld, twee gewere, twee pistole, ammunisie, messe en ’n boutsnyer is in die verdagtes se besit gevind.

Letsapa sê die verdagtes het die vorige dag ’n muur by die sakeperseel in Heuningvlei gebreek om toegang tot die perseel te kry.

“Die winkeleienaar is toe met vuurwapens en messe gedreig.”

Nog drie verdagtes is glo soek. Letsapa het ’n beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom. Enigiemand met inligting oor die voorval kan kapt. Victor Mbena by 063-691-1089 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.