Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skole dankbaar vir steun

Skole in Kuruman het van AfriForum se Kuruman-tak hulppakkette ontvang.

Dié verspreiding is deel van die #afri­forumstaansaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.

Floyd Turner
Floyd Turner, skoolhoof van die Laerskool Kuruman, by die hulppakket wat die skool ontvang het. Foto: Verskaf

Die hulppakkette bevat Covid-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termo­meters, handreiniger en handreinigerstaanders.

Sover is pakkette aan die Laerskool Seodin en die Laerskool Kuruman voorsien. Die Laerskool Savanna en die Hoërskool Kalahari gaan ook binnekort pakkette ontvang.

Deon de Jager, AfriForum se hoof vir die suidstreek, sê dit is ’n voorreg om skole in hierdie tyd by te staan sodat hulle voorbereid is om die akademiese jaar voort te sit.

“Skole het nie vir hierdie ekstra uitgawes begroot nie, en daarom is dit vir AfriForum belangrik om skole te ondersteun,” sê hy.

Werner Strauss, AfriForum se distriks­koördineerder vir die Kalahari, sê Afri­Forum het baie versoeke van skole ontvang. Daarom het AfriForum se plaaslike takke in die Kalahari aan die skoleprojek deelgeneem om te verseker dat leerlinge veilig na skole kan terugkeer.

“Al die skole is baie dankbaar vir die steun wat hulle ontvang,” sê Strauss.

“Dit is ’n riem onder die hart om te sien hoe almal saamspan om die beste van die situasie te maak.”

AfriForum het reeds meer as 40 000 bottels handreiniger, 8 000 plakkate en 200 termometers aan skole oor die land heen versprei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.