Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skole wen met herwin

Die departement van natuurbewaring en omgewingsake het Maandag 18 September met bewusmakingsprogramme oor die belangrikheid van herwinning by skole begin.

Die departement moedig skole aan om deel te neem aan die kompetisie, Kom ons maak skoon en herwin, wat op 31 Oktober sluit.

Kontantpryse en herwinbare produkte soos tafels en banke is van die pryse wat gewen kan word.

Skole word verder aangemoedig om ’n herwinningsprojek te begin deur papiere, karton, plastiekbottels, glas en blikkies te herwin om geld in te samel.

Met dié geld kan papier of skryfbehoeftes vir leerlinge gekoop word.

Leerlinge is tydens die aanbieding van die program oor die beskerming van die osoonlaag, onder die tema “ Gee om vir lewe onder die son”, bewus gemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.