Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoolmeisie in hof vir moord

Die 16-jarige skoolmeisie van Upington wat na bewering ’n medeleerling in die hoof se kantoor by die Rosendal- Inter­mediêre Skool doodgesteek het, is Dinsdag (26/11) in haar ouers se sorg vrygelaat.

Die meisie het Dinsdag op aanklag van moord in die landdroshof in Upington verskyn en haar verhoor is tot 18 Februarie uitgestel.

Ranishia Athleen van Wyk
Ranishia Athleen van Wyk (14) is by haar skool dood-gesteek.

Sy is voor haar hofverskyning in ’n plek van veiligheid aangehou waar ’n proefbeampte haar geassesseer het.

Die meisie het na bewering op Woensdagoggend 20 November die 14-jarige Ranishia Athleen van Wyk doodgesteek.

Albei die meisies was in gr. 8 in die skool.

Die meisies het glo die vorige dag stry gekry. Die ouer meisie het toe glo vir Ranishia met ’n vurk in die gesig gesteek.

Thelma van Wyk, ’n familielid van Ranishia, het gesê die skoolhoof het die meisies ingeroep oor die vorige dag se bakleiery.

Die hoof het die kantoor verlaat en Ranishia is toe met ’n mes in die bors gesteek. Sy is op pad na die hospitaal dood.

’n Familielid het Dinsdag gesê dit gaan onder die omstandighede goed met die familie, hoewel die skok van Ranishia se dood nou haar ma, Shirlyn-Ann, tref.

“Ons gaan aan. Dit is nog baie seer. Haar ma is baie emosioneel,” het die familielid gesê.

Ranishia Athleen van Wyk
Ranishia Athleen van Wyk (14)

se begrafnis begin Saterdag (30/11) om 07:00 by die familie se huis in Ysterbergstraat, Rosedale, Upington, waarna verrigtinge om 07:30 na die Rosedale-burgersentrum verskuif.

Die voorval wat tot Ranishia se dood gelei het, het die Woensdag, sowat vyf minute nadat die skooldag om 07:10 begin het, plaasgevind.

“Dit het in die skoolhoof (Charles Groenewald) se kantoor gebeur terwyl hulle gewag het om aangespreek te word oor die vorige dag se bakleiery,” sê Van Wyk.

Volgens Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse onderwys­departement, is hulle “diep bekommerd oor die jongste voorval”.

“Ons is nog nie seker wat tot die voorval gelei het nie, maar ons distrikskantoor ondersoek dit.

Volgens hom het die departement beraders na die skool gestuur vir die leerlinge en onderwysers.

 Rosendal- Intermediêre Skool
Inwoners drom op Woensdagoggend 20 November voor die Rosendal- Intermediêre Skool in Upington saam waar Ranishia Athleen van Wyk (inlas), ’n gr. 8-leerling, doodgesteek is.

“Skole is ’n spieëlbeeld van ons samelewings en dit maak ons seer dat skole ’n oorlogsone geword het.

“Ons doen ’n beroep op die breër gemeenskap van Upington om saam met ons te werk vir veiliger skole, huise en gemeenskappe,” sê Van der Merwe.

Van Wyk sê ouers het ná die voorval na die skool gehardloop om hul kinders te gaan haal omdat hulle nie geweet het watter leerling gesteek is nie.

“Ranishia was ’n intelligente kind, ’n A-student. Sy het sport ook gedoen. Ons almal sit nog met vrae, want ons weet nie waaroor die bakleiery was nie. ”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.