Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Soms wen ons, soms leer ons

Skoleatletiek was nog altyd opwindend – en soms ’n bietjie emosioneel.

Veral as jou kind deel is van die wedloop.

Maar gaan dit altyd oor wen of verloor, of gaan dit eerder oor die geleentheid om ’n medeatleet in ’n beter posisie te plaas?

Op skool het ek nooit ’n liefde vir sport openbaar nie, en was in my tienerjare soms hieroor geterg.

Die lewe bied aan ons soveel geleenthede vir wen en verloor. Ons moet verloor as ’n les sien en iets daaruit leer.

Die fokus moet op die eindstreep wees, nie op die wenstreep nie.

Soms wen jy en soms leer jy.

Kom ons verskuif die fokus en verbreed ons eie grense.

Ons het elkeen iets om te gee, iets om terug te ploeg, iets om na te laat.

Ons gaan immers leeg na die anderkant, net soos ons dié kant leeg in doeke ontvang is.

By die atletiekbyeenkoms in die middel van die somer spring my kind weg.

Ek skree my gesig bloedrooi, totdat die afloswedloop voltooi is.

Sou hy verloor, moet hy iets daaruit leer om die spanlid wat die aflosstokkie ontvang, volgende keer in ’n beter posisie te plaas.

Soms wen jy, soms leer jy.

Wanneer jy leer, plaas jy iemand in ’n beter posisie met jou manier van optree, manier van gee en manier van dra en die manier van buurmanskap. Sodoende die volgende persoon in die beter posisie te plaas

As jou kind dan verloor, fokus op die deelname en die les.

Volgende jaar sal dit beter gaan, want . . . soms wen jy en soms leer jy. – Edward Smit

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.