SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Spieëls kan ook soms jok

Spieël. Die woord tower vir mense verskillende beelde op. Sommige onthou stories. “Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land?”

Die interessante ding van spieëls is dat hulle ons wys hoe ons lyk; maar hulle jok. Hulle draai dinge agterstevoor; en ons dink ons sien onsself soos ander ons sien – en ons dink hoe ons onsself sien, is hoe ons is.

Maar hoe is ons dan? Hoe lyk ons dan?

Wel, dis ons keuse. Want ons is stories met asem. Ons leef deur plot en komplot, ontmoet karakters en karikature, sien dinge gebeur en laat dinge gebeur; en iewers, soms, maak ons tyd om te reflekteer. Om buite die storie te staan en na die verhoog te kyk waarop ons lewensdramas afspeel.

Dan sien ons soveel meer, dit wat agter die verhoog is. Die kabels en katrolle wat die dekor skuif, die akteurs wat vir die oomblik nie op die verhoog is nie, die kostuumkamers en grimeerkamers.

Ons kyk met die wysheid van afstand na die drama wat ons lewe noem en ons oë word sagter vir onsself, want ons probeer so hard. In die duistere fases van die storie-drama is daar min om te doen, behalwe om te sien wat weerspieël word en dan die spieël om te draai, dit na die groot lig te draai en die lig te weerkaats na daardie ek en daardie jy wat op die verhoog staan – en vir hulle die geskenk van ’n bietjie lig te gee.

Soms vergeet ons om die verhoog te verlaat. Ons brand uit en dwaal soekende in die duisternis van die drama. Ons word oorweldig deur omstandighede, ons word beseer en kry seer, ons verwyt ander karakters, ons ervaar konflik na binne en na buite, ons sien foute, word slagoffers en versaak ons stories.

Want ons kyk nie altyd in die spieël nie. Ons maak nie tyd om te reflekteer nie; en wanneer ons kyk vergeet ons dat die spieël eintlik ’n verdigsel is. En wat jy in die spieël sien, is klein in vergelyking met wie jy kan wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.