Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spookasem help skape

“Dit is droog en die skapies het nie genoeg kos en water nie.”

So het Jen-Marie Marx (9) vertel toe sy Saterdag (07/12) spookasem by die Kgalagadi Pick n Pay-sentrum in Upington verkoop het.

spookasem
Jen-Marie Marx van Upington by haar spookasem. Foto: Marike Engelbrecht

Jen-Marie, ’n leerling aan die Laerskool Oranje-Noord, het self aan dié idee gekom om spookasem ten bate van haar oom, Derick van der Merwe wat met skape buite Kenhardt boer, te verkoop.

Jen-Marie het eers aan al haar maats by die skool spookasem verkoop. Hier het sy 118 sakkies verkoop en die geld vir haar oom Derick gegee om vir sy skape kos te koop.

Jen-Marie wou graag meer doen om haar oom, en ander wat deur die droogte geraak word, te help.

Met die hulp van haar ma, Odette Marx, het sy ’n video op Facebook geplaas.

Hierin het sy mense genooi om haar “Spookasempies vir Skapies” te koop en op die manier Kenhardt se droogtehulpfonds te ondersteun.

Die video is deur vriende en familie op Facebook gedeel.

Burre Burger, stigter van Droogtehulp met Burre Burger NPC, het haar projek ondersteun.

Hy het vyf droogtehulp-pette beloof aan die eerste vyf persone wat vyf of meer pakkies spookasems koop.

Jen-Marie se familie het ingespring en gehelp om die spookasem te maak en te verpak.

Sy gaan in Januarie, net voor die skool begin, weer spookasem vir die doel verkoop.

Odette is trots op haar dogter se inisiatief en goeie gesindheid om ander te help.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.