Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sportster ry, speel uitstekend

Narike Hoft (15), ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Upington, is as Oktober se wenner vir Kalahari Bulletin en Let’s Play se Sportster van die Maand-kompetisie gekies vir haar prestasies in atletiek, hokkie en perdry.

Narike het op streekvlak puik gevaar in die 800 m- en 1 500 m-wedloop.

Sy is ook in die Noord-Kaapse ruiterkunsspan ingesluit wat in Januarie die eerste keer aan die proewe vir Protea-kleure deelgeneem het. Hier was sy onder die 18 topruiters in die land.

Op die Suid-Afrikaanse saalperd-kampioenskapsbyeenkoms in Bloemfontein in April was sy vierde in die driegang-ruiterkuns (14 jaar en jonger) en agtste in die driegang-ryperdklas (14 jaar en jonger).

Op die Upington-saalperdskou in Oktober het Narika ’n eerste plek in driegang-ruiterkuns (14 jaar en jonger) en ’n vierde plek in die driegang-ryperdklas (14 jaar en jonger) behaal.

Sy was ook eerste in die driegang-plesierperdklas (14 jaar en jonger) en vierde in die driegang-plesierperdklas se groot kampioenskap vir volwassenes.

Sy was ook ’n lid van die Noord-Kaap se plattelandse o.16-span wat in Julie in die Paarl meegeding het.

Narike is ’n lid van die Hoërskool Upington se o.18A-meisies- hokkiespan, wat puik gevaar het.

Sy is Kalahari Bulletin se laaste Let’s Play Sportster van die maand vir 2019.

Kalahari Bulletin se Let’s Play-Sportster van die jaar word in November op ’n geselligheid in Kimberley gekroon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.