Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sportsterre gesoek vir erkenning

SuperSport en Let’s Play, in same­werking met Kalahari Bulletin, wil erkenning gee aan leerlinge wat uit­stekend in sport presteer.

SuperSport se Let’s Play Sportster van die Maand-kompetisie is oop vir enigeen van ses tot 18 jaar oud.

Kandidate kan hulself benoem of deur ’n vriend, familielid, onder­wyser of afrigter benoem word.

Een kandidaat sal elke maand as die SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand aangewys word.

Die maandelikse wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak.

Dié wenner word vir Let’s Play se Sportster van die Jaar-kompetisie ingeskryf.

Aan die einde van die jaar sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word.

Die hele jaar se sportprestasies word in ag geneem.

Dié wenner sal dan as Kalahari Bulletin se SuperSport Let’s Play Sportster van die Jaar aangewys word.

Benoemings wat voor die 20ste van die maand ontvang word, sal in daardie maand se benoemings ingesluit word.

Benoemings wat ná die 20ste ontvang word, word na die volgende maand oorgedra.

Benoemings vir elke maand moet die volgende insluit: die kandidaat se naam, ouderdom, kontak­besonderhede en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) oor wat op sportgebied bereik is.

Stuur benoemings per e-pos na supersport@zpr.co.za of stuur dit per faks na 086-552-4922. Bel Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.