Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee spanne van Upington Dorp kraai koning in ligastryd

Die Upington Dorp-rugbyklub se twee spanne het Saterdag (18/05) teen die Defence Force Collegians (DFC) op dié se tuisveld kragte gemeet. Dorp 2 en DFC se tweede span was eerste aan die beurt.

In die eerste helfte van hierdie stryd in die ZFM-voorsittersliga het albei spanne goed verdedig, met meeste van die aksie wat in die middelveld plaasgevind het.

Teen rustyd was die telling 10 – 0 in die besoekers se guns. In die tweede helfte het Dorp 2 weer oorheers, en kon die span uiteindelik met 50 – 0 koning kraai. Opwindende rugby deur Dorp 2 het gesorg vir ’n sege van oor DFC se tweede span.

Daarna het die eerste spanne vir hul ontmoeting in ZFM se eerste liga uitgedraf.

Vroeg in die stryd het Dorp 1 die bal op DFC 1 se doellyn gesteel, en Frans Kanuni kon deurdruk vir ’n drie. Daarna het Dorp 1 se Jean Isaacs die bal onderskep om die telling na 12 – 0 op te skuif.

Kort ná die afskop het Venter Scholtz van Dorp 1 deur DFC 1 se verdedigingslyn gebreek, en die besoekers het van dié geleentheid gebruik gemaak om weer punte aan te teken.

In die tweede helfte kon DFC 1 sy agterstand met ’n drie krimp. Kort daarna het Dorp 1 se Attie Brits egter weer agter die doellyn gaan draai. Toe die eindfluitjie blaas, was die telling 49 – 22 in Dorp 1 se guns. – Odette Kruger Teen die einde van die stryd, kon Upington Dorp se eerste span die wa deur die drif trek met ’n eindtelling van.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.