Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uiterlike gebruike was ’n hart nie skoon nie

In Markus 7 praat Jesus met die mense oor higiëniese gebruike.

Hy sê as ons nie ons hande was nie, ons dalk kieme kan kry en siek word. Maar Hy praat ook oor ’n skoon hart.

Jesus het nie gesê ons hoef nie hande te was nie. Dit is goed en reg om gereeld jou hande te was, omdat kieme maklik aan ’n mens se hande vassit.

Maar om gereeld hande te was, het niks met godsdiens te doen nie. Daarom beklemtoon Jesus dat ons harte vir hom belangriker as ons hande is.

Soos gewoonlik gebruik Jesus nie om dowe neute dié beeld nie.

Hy wil hê die mense moet verder dink as net die higiëniese gebruik van handewas.

Dit is belangrik om die Here lief te hê en Hom te dien. Om Hom en ons medemens lief te hê.

Daar was baie gebruike wat die Jode as groep gevolg het om hulle van ander groepe te onderskei.

Daarmee op sigself is niks verkeerd nie – maar wanneer dit ’n manier word om te dink dat jy as mens beter is as ’n ander, wanneer jy jouself vergelyk op grond van redes wat nie reg is nie, dan moet jy weer dink.

Jesus wil vir ons vra: Watter leefstyl eer God?

’n Leefstyl gevorm deur die Woord, of ’n leefstyl wat gevorm is deur ’n mengsel van politieke en godsdienstige agendas?

Uiterlike gebruike gaan jou as mens nie verander nie.

Dit is wat uit jou hart kom wat jou optrede na buite bepaal.

Onreinhede uit die hart maak jou onbevoeg om reg voor God en jou naaste te leef.

Die hart is die sentrum van die lewe.

Wat is vir jou die belangrikste: die handhawing van jou eie voorkeure, of om in vrede en onderlinge respek met jou naaste te leef?

In ons land het alle kultuurgroepe gebruike wat vir ons belangrik is, en ons wil dit graag voortsit.

Maar in ons harte het ons (steeds) nie plek vir mekaar nie.

Dit word telkens duidelik in ons gedrag en woorde teenoor mekaar.

Só eer ons nie die Here nie.

Dit is tyd dat ons diep luister na Jesus, en ons harte met syne kalibreer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.