Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vakansie moenie in die pad van lewe staan

Dit is amper tyd vir vakansie – ’n tyd wat met familie en vriende deurgebring word, waarin ’n mens liefde en geskenke deel.

Dit is ook die tyd wat gekenmerk word deur feesvieringe, inkopies en vakansiepret op die strand, of luilekker dae in die somerson.

Magda Tesner, skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) in die Noord-Kaap, sê terwyl die meeste mense die geskenk van lewe geniet, is daar ongelukkig ander wat met siektes te kampe het wat hulle verhoed om hierdie tyd met hul gesinne en families te geniet.

“Daar is duisende mense wat daagliks op bloedoortappings staatmaak. Dit sluit vroue in wat ten tyde van bevallings bloed verloor, asook die slagoffers van ongelukke.”

Tesner sê die SANBD moet elke dag 3 000 eenhede bloed insamel om aan die vraag na bloed vir pasiënte in Suid-Afrika te voldoen.

Statistieke wys dat minder as 1% van die bevolking van meer as 50 miljoen elke dag bloed skenk, en die gevaar bestaan dat hospitale in die vakansietyd ’n bloedtekort kan ondervind, sê Tesner.

Deur sy mees onlangse veldtog moedig die SANBD mense aan om nie toe te laat dat “vakansies in die pad van lewe staan nie”.

Dit beteken eenvoudig dat, terwyl De­sember ’n wonderlike tyd is om te ontspan en terug te kyk op die jaar wat verby is, dit ook ’n tyd is om een van die grootste geskenke te gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.