Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou (25) dood aan hart

’n Jong vrou van Upington in die Noord-Kaap is Saterdagoggend (08/12) in ’n plaaslike hospitaal dood drie maande nadat sy ’n enorme hartaanval gehad het.

Charné Vass (25), wat in 2013 ’n graad in drama aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf het, is Saterdag omstreeks 04:45 in die Dr. Harry Surtie-hospitaal in Upington dood. Sy was sedert die hartaanval op 12 September in die hospitaal en was sowat twee weke lank in die hoësorgeenheid.

Elizabeth Vass, Charné se tannie en grootmaakma, het Charné grootgemaak vandat sy ses maande oud was.

“Ek was haar ma en sy was soos een van my eie kinders. Ek het haar grootgemaak sedert ek op skool was. Sy was ’n vriendelike, gelukkige mens. Sy het vir almal omgegee en het baie vriende gehad. Sy was ook ’n sosiale mens en het gehou van dans en toneelspeel. Drama was haar passie,” sê Vass.

As sy toneel gespeel het, was sy op haar gelukkigste. Volgens Vass het Charné na Johannesburg verhuis nadat sy klaar studeer het voordat sy ’n paar maande in Kaapstad gebly en gewerk het. Sy het by ’n inbelsentrum in die Kaap gewerk voordat sy op 30 Augustus teruggekeer het Upington toe.

Net 13 dae nadat sy terug by die huis was, het sy ’n hartaanval gehad. Dokters het byna 20 minute lank probeer om haar by te bring, maar die gebrek aan suurstof na haar brein het breinskade veroorsaak. Juli-Ann Edick, nog ’n tannie, sê hulle is baie geskok oor Charné se skielike dood, want sy was so opgewonde om terug huis toe te kom. “Dit was wonderlik om haar by die huis te hê. Sy was so ’n sterk mens en ons het gedink sy sal beter word, maar die Here het ander planne,” sê Edick.

Volgens Vass was Charné ’n “siekerige mens en was sy van die een hospitaal na die ander”.

Dokters kon egter nooit presies vasstel wat fout was nie.

“Hulle het gedink sy het asma, maar ons het later uitgevind dit is nie die geval nie.”

Volgens Walter Edick, Juli-Ann se man, het hulle Charné op 12 September hospitaal toe gebring omdat sy nie kon asemhaal nie. Sy is aan ’n newelspuit gekoppel en met ’n voorskrif vir medisyne ontslaan. ’n Kwartier later het sy die hartaanval gekry. Die reëlings vir ’n gedenkdiens en begrafnis word later gefinaliseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.