Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou dood ná aanranding

Enkele ure voor ’n vrou van Kuruman in die hospitaal dood is nadat sy na bewering ernstig aangerand is, is ’n man tydens besoektyd weens die aanranding op haar in hegtenis geneem.

salome
Elizabeth Hoskin, buurvrou en familievriend, hou ’n troufoto van Hannes en Salomé Steenkamp vas.Foto: Alzane Narrain

Hannes Steenkamp (35), ’n algemene werker van Wrenchville, word deur ’n aanklag van moord in die gesig gestaar.

Hy het Maandag (10/02) in die landdroshof in Kuruman verskyn.

Volgens Elizabeth Hoskin (35), ’n buurvrou en familievriend, het ’n man die middag van 2 Februarie glo vir Salomé Steenkamp (35), ’n munisipale werker, in haar huis in Kanariestraat erg aangerand.

“Almal het hom gesmeek om op te hou. Ons het om hulp geskreeu.”

Op Maandag 3 Februarie het Hoskin en ander bure Salomé besoek. “Salomé het by die voordeur gelê. Sy was pimpel en pers geslaan met toegeswelde oë. Sy het die heeltyd gesê sy kan nie opstaan en loop nie,” sê Hoskin.

Hoskin sê Salomé het aan hulle vertel haar aanrander het haar herhaaldelik geskop en met die hand en vuis geslaan.

Hoskin sê hoewel daar gereeld soortgelyke voorvalle was, het Salomé geweier om die man by die polisie aan te kla.

“Sy wou nooit hê hy moes tronk toe gaan nie. Selfs wanneer bure die polisie ontbied het, het Salomé die polisiebeamptes weggewys.”

Die middag van 5 Februarie is Salomé na die hospitaal gehaas nadat haar gesig skeefgetrek het en sy kort-kort haar bewussyn verloor het.

Volgens ’n familielid, wat anoniem wil bly, het dokters gesê weens die beserings wat sy tydens die aanranding opgedoen het, het sy ook ’n beroerte gehad.

Salomé se vermeende aanrander het Sondagoggend (09/02) by die hospitaal opgedaag en langs Salomé se hospitaalbed gesit.

Oomblikke later het polisiemanne die man op die perseel van die hospitaal in hegtenis geneem, sê die familielid.

Salomé is ure later dood. Nog geen begrafnisreëlings is getref nie.

Hannes moet weer later die maand in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.