Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue knip en plak ten bate van tehuis

Kuruman se fotoplakboek-entoesiaste het tydens die plaaslike byeenkoms van die Suid-Afrikaanse nasionale plakboekdag, gewys dat hulle omgee.

Op Saterdag 1 Februarie het die groep vroue by Boa-Fé-venue altesaam R1 300 vir die Mimosahof-tehuis vir bejaardes in die dorp ingesamel.

Dit was vanjaar die tweede agtereenvolgende jaar dat die Kuruman-byeenkoms van die Suid-Afrikaanse nasionale plakboekdag deur Anet Swart van Burlap & Butter­flies Scrapbooking aangebied word.

Vanjaar se tema was “1950’s Ruk-en-Rol”.

Elke vrou het ’n drasak met ’n nuusbrief, ’n plakboek-tydskrif, plakboekpapier, versierings, kraletjies, lint en ’n bingo-speletjie ontvang.

Buiten donasies, is ’n kassie, wat pasgemaak is vir 12 x 12 duim-plakboekpapier, uitgeloot teen R50 per lootjie.

Verskeie gelukkigstrekkings was ook op die spel.

Volgende jaar se Suid-Afrikaanse nasionale plakboekdag is op Saterdag 6 Februarie en die tema is “Gatsby – kom vier die 1920’s ’n hele eeu later”.

Daar sal weer ’n geldinsameling vir ’n liefdadigheidsorganisasie wees.

Bel Anet Swart by 064-967-2545.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.