SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Wees nou waaksaam

Die jaar staan na sy einde toe en hierdie tyd van die jaar is ons dorpe baie besig. Mense ry deur die dorpe na hul vakansie­bestemmings.

Inwoners doen inkopies en die winkelsentrums raak bedrywig.

Dit is baie belangrik om jouself, kinders en besittings mooi op te pas, want nes die sentrums besig raak, raak die booswigte ook besig.

Hulle agtervolg mense en hou hulle dop. Hulle soek vir maklike teikens.

Wees versigtig as jy na kitsbanke gaan om geld te trek. Dit is onveilig om met ’n klomp geld rond te loop, en misdadigers sal enige iets doen om dit wat hulle van jou wil hê, af te neem.

’n Bron van kommer is kinders wat in winkelsentrums “wegraak”.

Een van ons lesers, Derick Uren, sê sy eenjarige dogtertjie is onlangs amper gesteel.

Sy gewese vrou en hul dogter het inkopies in ’n winkelsentrum in Kuruman gaan doen. Hul dogter het in ’n trollie gesit.

Die dogtertjie se ma was besig om kos te bestel en toe sy weer kyk, was haar kind weg. Een van die werkers by die winkel het dit gesien en alarm gemaak.

Die dogtertjie is betyds terug­gekry, maar die boosdoener het aangehou dit is sy kind en selfs die ma van die kind uitgedaag. Hy is na die polisiekantoor geneem, maar geen klag is teen hom ingedien nie.

Indien moontlik, los die kinders by die huis met toesig wanneer jy inkopies gaan doen en probeer om al jou besittings op ’n veilige plek te hou.

So ver jy kan, moet nie alleen rondbeweeg nie, vra eerder iemand om saam met jou te gaan en wees altyd waaksaam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.