Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Werk hard, glo sportster

Felicia Lucas (16), ’n leerling aan die Hoërskool Paballelo, is gekies as Kalahari Bulletin en Let’s Play se Sportster van die Maand vir haar puik prestasies in sokker.

Sy het van kleintyd baie belang gestel in sokker en het al begin speel toe sy net tien jaar oud was.

In 2017 is sy vir die eerste keer gekies om proewe te gaan speel in Kimberley en die ZF Mgcawu-distrik te verteenwoordig.

Sy is weer in 2018 gekies om die streek te gaan teenwoordig in Kimberley, asook om provinsiaal te gaan speel in Johannesburg en die Noord-Kaap te verteenwoordig.

In Oktober 2018 het haar skool haar aangewys as die beste meisie-sokkerspeler. Sy word ook gereeld genader deur die plaaslike sokkerklubs om saam met hulle in groot toernooie te speel.

Felicia gaan later vanjaar aan die Safa- o.19-proewe in Kimberley deelneem.

Felicia se leuse is: “Werk hard”.

) Meer oor Let’s Play

SuperSport het opgemerk dat daar groot probleme bestaan wat die ontwikkeling van kinders strem omdat vaardighede wat geleer word deur speel, liggaamlike opvoeding en sport ernstig ontbreek het.

Dit was met hierdie insig dat die Let’s Play-projek in November 2005 gestig is .

Vir meer inligting kontak Lynne by Z PR by 051-522-9574 of e-pos supersport@zpr.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.