Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wildbedryf in sy kern weer gesond

Die derde wildveiling van die Kriek-wildgroep, wat op 21 April by die Mattanu-wildreservaat naby Barkly-Wes in die Noord-Kaap gehou is, het suksesvol afgeloop met ’n omset van R15 miljoen wat behaal is.

Volgens Jacques Kriek, een van die mededirekteurs van dié wildplaas, is 98% van die wild, wat onder meer bastergemsbokke, swartwitpense, rooibokke, buffels en springbokke ingesluit het, verkoop.

Kriek meen dit is goed, in ag genome die uitdagende ekonomiese toestand in die land.

“Ons is baie positief oor die bedryf. Ons konsep is om altyd ’n platform te probeer skep vir ons gasverkopers en dan vir ons eie diere,” sê Kriek.

“Omdat ons van 1984 af soveel kliënte opgebou het, het ons ’n lekker databasis van ouens wat top-genetika gekoop het.

“Ons gee hulle ’n geleentheid om van daardie diere op ons veiling aan te bied.”

Volgens Kriek was daar bykans 105 lotte op die “lewende” veiling en bykomende lotte op ’n “stilveiling”, waardeur wildkopers met behulp van ’n app op hul foon kon bie.

Volgens Kriek was die pryse besonder goed, veral vir vlaktewild van ’n goeie gehalte. ’n Springbokram is op die veiling vir R550 000 verkoop en ’n buffelkoei vir R600 000.

“Gehalte-vlaktewild soos springbok, rooibok, gemsbok en koedoe doen goed op die ope mark,” sê Kriek.

Hy skryf dit toe aan ’n regstelling wat in die mark plaasgevind het.

“Ons het dit reeds van die begin van die jaar af gesien. Elke jaar bou dit net momentum.”

“Die pryse het baie hoog geraak in die afgelope ruk weens ’n stroom beleggers wat in die wildbedryf ingeklim het. Dit was tot ’n mate goed vir die bedryf, maar het ook baie negatiewe gevolge gehad. Die pryse het so hoog geraak dat boere begin sukkel het om dit terug te boer.Die pryse was hoog omdat die diere skaars was, maar nou is ’n klomp van hierdie diere nie meer so skaars nie.

“Dit is omdat ons nie regtig die getalle verminder het met ’n afsetpunt soos jag en vleis nie,So het die getalle meer en meer geraak,” sê Kriek. “Weens vraag en aanbod en die ekonomiese toestande het die prys in die laaste jaar of twee radikaal afgeneem.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.