
Van tyd tot tyd verander die mooi tuin van Huis Jan Vorster in Postmasburg in ’n stalletjieswêreld wanneer uitstallers hul ware te koop aanbied. Op 9 November is daar weer ’n mark gehou ten bate van dié tehuis se projekte. ’n Biduurgroep se stalletjie het gekreun onder houers vol interessante eetgoed en gebottelde souse. Van links is Annemarie Wahl, Selma Hoffman, Sharon Snyman, Josephine Visser, Barenda Bredenkamp, Bessie van der Merwe en Marina Erasmus. Foto: Mimi Swart