Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wys slag op rugbyveld
rugby
SJ Oberholzer, oud-rugbykaptein van die Hoërskool Duineveld (2018), het weer goed presteer. Nie net was SJ op skool al ’n uitstaande sportman nie, maar sit dit ook voort ná sy skoolloopbaan in Veltieland. SJ is as die beste junior rugbyspeler vir 2019 by die QBR-rugbyklub in Pretoria aangewys. SJ was ook die kaptein van QBR se o.20-span. Dié span het in die Volcano Cup eers met Tuks se Young Guns afgereken en toe met Naka Bulle in die Presidentliga. SJ se o.20-span is ook as die span van die jaar aangewys. Die QBR-klub is in 2017 gestig toe die Pretoria Harlequins en die Pretoria-polisieklubs saamgesmelt het en staan nou as die Quins-Bobbies-rugbyklub bekend. SJ het ook vanjaar vir die Valke se o.19-span uitgedraf. Foto: Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.