Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Dorp draf met die louere weg

Die afgelope Saterdag (25/05) het twee spanne uit die ZFM-Sub-unie aan die Tafel Lager-Superliga deelgeneem. Die United-rugbyklub het na Kimberley gereis om teen Kimberley-rugbyklub uit te draf. Ongelukkig het die tuisspan die stryd gewen met 54 - 32.

Die Upington Dorp-rugbyklub het die Sishen-rugbyklub gepak op die Sivos-sportterrein in Kathu.

Die wedstryd is afgeskop met Sishen wat sommer vinnig-vinnig agter die doellyn gaan draai het.

Upington Dorp het kort daarna weer geantwoord met twee drieë om met 12 - 7 voor te loop. Teen rustyd het die telbord gelykop gestaan met 19 punte elk.

In die tweede helfte is Sishen se Tiaan Dippenaar gestraf met ’n geel kaart ná ’n gevaarlike duikslag. Die manne van Kathu het voorgeloop met ’n telling van 31 - 19 toe Upington Dorp se Theuns Kotze, Frans Kanuni en Venter Scholtz elkeen nog ’n draai agter die pale kon gaan maak. Met fases het die tuisspan vergeefs nog ’n drie aangeteken. Upington Dorp het, ná ’n sewe- jaar-droogte op die Sivos-velde, ’n oorwinning van 40 - 38 behaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.