Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kalahari Bulletin
Skoolbusse buite aksie oor diesel

Leerlinge aan Noord-Kaapse skole is sedert Dinsdag sonder vervoer omdat buskontrakteurs nie diesel het om die leerlinge skool toe te neem nie.

Leerlinge van die Hoërskool Kakamas agter op ’n bakkie op pad skool toe omdat hulle nie op die eerste dag van die laaste kwartaal met hul gewone busse skool toe vervoer kon word nie. Foto: Verskaf

Dit spruit uit administratiewe probleme wat volgens die onderwysdepartement ontstaan het weens die oordrag van dié funksie na ’n ander departement en wat nou die betaling van kontrakteurs belemmer.

Vervoer na skole is sedert April vanjaar weer die verantwoordelikheid van die Noord-Kaapse onderwysdepartement nadat dit vyf jaar lank die departement van vervoer, veiligheid en skakeling se verantwoordelikheid was.

Die busse se diesel het voor die vakansie al opgeraak en kontrakteurs het gehoop dat die betalings gedurende die skoolvakansie sou geskied.

Volgens die kontrakteurs wil banke en vulstasies hulle nie meer help nie.

Die leerlinge moes sedert Dinsdag met die aanvang van die skoolkwartaal met bakkies en ander beskikbare vervoer skool toe geneem word.

Lehuma Ntuane, woordvoerder van die onderwysdepartement, sê gedurende 2017 het die departement van vervoer, veiligheid en skakeling afskrifte van die kontrakte van die vervoer-operateurs aan die onderwysdepartement voorgelê.

Toe die funksie oorgedra is, het die onderwysdepartement ander bestelnommers aan die operateurs uitgereik.

“Toe die eerste betalings verwerk moes word, is ontdek dat nie al die kontrakinligting ingedien is nie.

“Die kontrakte van sekere operateurs is byvoorbeeld vir spesifieke bedrae uitgereik. Die bestelnommers is dan op grond van die kontrakbedrae uitgereik. Maar toe die operateurs hul fakture ingedien het, het die fakture die verhoogde bedrae weerspieël.”

Die Hoërskool Kakamas se leerlinge moes Dinsdag alternatiewe vervoer kry om by die skool te kom weens busse wat nie brandstof gehad het nie. Foto: Verskaf

Die departement moes regstellings aanbring.

“Dit het vertragings in die betalings van daardie operateurs veroorsaak.

“Dit het ook gebeur dat operateurs se bankbesonderhede in ’n aantal gevalle verander het sonder dat hulle die departement verwittig het.” Ook hier moes regstellings eers by die stelsel ingevoer word.

Betalings is dan verwerk na die ou bankrekeninge en daar is later ontdek dat daardie operateurs nie betaal is nie. Die departement moes toe die operateurs versoek om hul korrekte bankbesonderhede in te dien. Dit het ook vertragings in betalings veroorsaak. “Ons is intussen besig om die probleem met die vervoer op te los.”

  • Lecrecia Prins is redakteur van die Kalahari Bulletin in Kuruman.
Meer oor:  Noord-Kaap  |  Diesel  |  Skoolbusse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.