Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Karoo Express
Alta se smullekker ‘Hummingbird’-koek
06 September 2018

ALTA Triegaardt is al vir de-kades bekend as die doyenne van spyseniering en is welbekend in Bedford, Kookhuis, Somerset-Oos en omliggende gebiede.

Alta is ook al 46 jaar lid van die Kookhuis VLV-tak en is ’n paar jaar lank voorsitter. Sy is 44 jaar getroud met Lourens Triegaardt. Hulle het

vier dogters wat baie van kook en bak by hul bekwame ma geleer het.

Alta-hulle het onlangs van hul Bedfordplaas af ingetrek dorp toe, maar hierdie gewese kindertuinonderwyseres weier om af te tree.

Sy is dankbaar dat Somerset-Oos se gemeenskap hulle so gou in hul midde aanvaar het. Sy deel graag haar gunsteling “Hummingbird”-koekresep met lesers.

‘Hummingbird’-koekresep

1 blik fyngemaakte pynappel

4 eiers

2 koppies (500 ml) bruinsuiker

1 koppie (250 ml) kookolie

2 koppies (500 ml) koekmeel

3 teelepels (15 ml) fyn kaneel

2 teelepels (10 ml) bakpoeier

1 1/2 teelepel (7,5 ml) koeksoda

1 teelepel (5 ml) sout

1/2 teelepel (2,5 ml) “mixed spice” (opsioneel)

2 koppies (500ml) fyn gerasperde wortels

1/2 koppie (125ml) gekapte neute (opsioneel)

Metode

  • Dreineer die blik fyngemaakte pynappel en hou die sap.
  • Klits die eiers en die bruinsuiker saam tot lig en romerig.
  • Klits 125 ml pynappelsap en die kookolie by die voorafgenoemde mengsel.
  • Sif die koekmeel, fyn kaneel, bakpoeier, koeksoda, gemengde speserye en sout saam.
  • Vou nou die meelmengsel versigtig in.
  • Roer die pynappel, wortels en neute by.
  • Gooi die mengsel in ’n ge-smeerde ringpan en bak teen 160°C vir ongeveer een uur tot gaar. Laat afkoel.

Versiersel

200 g margarien of botter

1 bakkie roomkaas

3 koppies (750 ml) versiersuiker

Knippie sout

Vanieljegeursel

Metode

  • Klits baie goed saam en versier dan die koek.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Mid-Karoo Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.