Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Ambulansdienste in krisis - DA

Ambulansdienste in Cradock, Middelburg en Komani is in ‘n krisis en moet dringend aangespreek word.

Só sê Retief Odendaal, DA-leier vir die Midlands-kiesafdeling, wat 'n mosie hieroor by die Oos-Kaapse wetgewer gaan indien.

Odendaal meen dat mense se lewens hierdeur in gevaar gestel word deurdat daar net vyf ambulanse is wat 'n oppervlak van 3 813 vierkante kilometer moet bedien. Hy sê die gevolg hiervan is dat 'n ambulans nie voor verloop van 'n uur by ‘n pasiënt kan opdaag nie.

“Hierdie probleem stel mense se lewens in gevaar soos met die onlangse geval van 'n vrou wat haar tweeling tydens kraam verloor het omdat die ambulans te laat was om haar hospitaal toe te neem," het hy verduidelik.

In 'n vraag oor swak ambulansdiens wat die DA aan Sindiswa Gomba, Oos Kaapse LUR vir gesondheid, gevra het, het sy bekend gemaak dat hierdie paar ambulanse ook nog pasiënte na die Frere-hospitaal in Oos-Londen en Cecilia Makiwane-streekshospitaal in Port Elizabeth moet vervoer.

“In die Kaap, waar die DA aan bewind is, is ambulansdienste uitgesprei oor die provinsie vir vinnige en effektiewe aandag aan mediese noodgevalle,” het Odendaal gesê.  “Die noodgeval word oor die telefoon geassesseer en prioriteitsgevalle word in 80% van gevalle, binne 15 minute bedien."

Hy was ook geskok oor Gomba se verklaring dat daar 'n geweldige personeetekort van 63% in Komani bestaan. "Personeel is glo ook oorwerk, kry nie tyd om te rus nie en is uitgeput terwyl geweldige groot bedrae oortyd betaal moet word.

“Die LUR  se verskonings spreek nie juis pasiënte in nood op Cradock, Middelburg en Komani - wat ure vir ambulanse moet wag - aan nie en dit is eenvoudig nie aanvaarbaar dat personeeltekort nie aangespreek word nie,” het Odendaal gesê.

Hy gaan 'n mosie by die Oos-Kaapse wetgewer indien wat versoek dat die Departement van Gesondheid se ambulansdiens gedesentraliseer word en dat die kritieke personeeltekore so gou moontlik aangespreek word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.